Sante Hotel

The Pearl of the Winelands

So the place where I work is up for auction and an article about it being the last of Fidentia’s assets appeared in the Rapport today. Here’s the article:

Laaste van Fidentia se skatte in die mark

Deur Aldi Schoeman 13 November 2016 00:00

Fidentia-beleggers se laaste hoop om nog geld terug te kry, is op ’n “lendelam” hotel buite die Paarl.

Die Santé Hotel & Spa, die laaste van Fidentia se bates wat opgeveil word. Dit is buite die Paarl en het ’n uitsig op die Bolandse berge. Foto’s: Conrad Bornman

 

Die Santé Hotel & Spa word op 1 Desember opgeveil. Dit is die laaste van Fidentia se bates wat van die hand gesit gaan word en maak ’n einde aan Fidentia se “weelde en luuksheid”, sê die afslaer, ClareMart, in ’n verklaring.

Meer as ’n miljard rand word nog deur beleggers geëis, luidens die jongste kuratorsverslag.

Fidentia is sedert Februarie 2007 onder kuratorskap en J. Arthur Brown, die veroordeelde bedrieër wat die grootbaas was, dien 15 jaar gevangenisstraf uit weens bedrog van byna R300 miljoen.

George Papadakis, een van die kurators, sê die Santé-eiendomme is in 2004 en 2005 vir sowat R117 miljoen gekoop. R41,4 miljoen is aan bedryfskoste bestee vandat Fidentia in kuratorskap is.

Uit die jongste kuratorsverslag blyk dit daar was verskeie probleme met dié hotel, wat deur die Orion-hotelgroep bestuur word.

“Dit lyk of Orion sukkel om die hotel finansieel volhoubaar te bedryf,” lui die verslag.

Agterstallige heffings van R4,75 miljoen is in Januarie betaal aan die huiseienaarsvereniging van die landgoed waarop die hotel is, volgens die verslag.

John Levin, een van die kurators, het bevestig dat agterstallige munisipale rekenings van R2,3 miljoen (“ná ’n gróót afslag”) ook intussen vereffen is.

Die ooreenkoms met Orion is dat die perseel 60 dae nadat die eiendomme verkoop is, ontruim sal word.

Voëlmis teen die mure is die minste van die probleme by Santé.

 

Gaste was die laaste ruk klaarblyklik nie beïndruk deur die hotel nie. Solank jy jou aandag toespits op die fantastiese uitsig op die berge deur die venster, is dit ’n wonderlike belewenis. Maar in die kamers is daar stukkende ligte, ’n lendelam yskas en handdoekreling wat van die muur val as jy ’n handdoek daaroor hang.

“Die kamers lyk ongelooflik totdat jy sien hoe vuil die deure, muurproppe en vloere is,” het Lorinda Voges van Sandton op 1 Oktober op die reiswebtuiste TripAdvisor geskryf.

Die hotelbestuur vra telkens op die webtuiste om verskoning vir besoekers se slegte belewenisse en onderneem om probleme reg te stel.

Besoekers wat tevrede was, het veral die mooi ligging uitgewys. Gaste was ook tevrede met die spa, wat deur Bakwena bedryf word.

Met Rapport se besoek aan die landgoed was die hotel op die oog af netjies, maar daar was voëlmis aan die mure en op die plaveisel, stowwerige hoekies met spinnerakke en verf wat hier en daar van die mure afdop.

Volgens ClareMart se verklaring is die hotel ’n goeie beleggingsgeleentheid.

Die hotel het ’n kroeg, biljartkamer, vermaakarea met ’n patio by die swembad, ’n restaurant en tien luukse suites. Die spa het onder meer ’n jacuzzi en ’n warm binnenshuise swembad.

Só lyk eise teen Fidentia

Die totale waarde van eise wat die kurators namens beleggers teen Fidentia ingestel het, beloop R1 366 960 951, lui die verslag.

Hiervan is R324 111 729 teen 31 Mei 2015 uitbetaal. Die totale eise wat uitstaande is, is dus R1 042 849 222.

Daar is net sowat R20 miljoen kontant wat saam met die opbrengs van die hotel aan beleggers uitbetaal kan word.

Ook die konferensiesentrum en drie villas gaan opgeveil word. Papadakis sê daar is nog nie besluit of die eiendomme saam of afsonderlik opgeveil gaan word nie.

Luidens die kuratorsverslag het Grant Thornton die eiendomme gewaardeer, maar hul bevinding is vertroulik.

Die tanzaniet-edelsteen wat in die laaste kuratorsverslag as ’n bate gelys word, is nie veel werd nie, sê Levin. Niemand stel daarin belang om dit te verkoop nie.

Fidentia se 26%-belang in die maatskappy Moshate is ook nie die moeite werd nie. Moshate het in ’n ander maatskappy belê wat ’n begraafplaas in Johannesburg wou begin, maar nooit ’n lisensie daarvoor kon kry nie.

Jonathan Smiedt, uitvoerende hoof van ClareMart, sê ’n “onoorkomelike vlak van skade” is aangerig. “Die veiling kan nooit heeltemal die finansiële nood van soveel mense vergoed nie, maar ons wil die beste moontlike prys kry om by te dra tot ’n mate van vergelding vir die Fidentia-slagoffers.”

Author: Arno Hattingh

Arno matriculated from Hoërskool Waterkloof in Pretoria in 2012 and went to study Arts Management at the Western Australian Academy of Arts in Perth. His passion for the arts still remains as he currently works as Logistics Manager at Bakwena Spa in Paarl.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *